Come Alive

Standard

Why do we watch movies, because it is not real, but it transports us to a different time, place sometimes even universe. It makes us the characters we wish we could be in real life, it extends to us the opportunity to fullfill the universal need to experience life in all its colors.

I watched The Greatest Showman on Sunday and was transformed by the magic of theatre, the magic of music and the magic of hopes and dreams and remembered how I dreamed of theatre when I was young. When you are grasping at your chest to keep yourself from breathing so you can take it all in without the sound of your breath obstructing the sound of the music, cry silent tears not of happiness or sadness, but from pure ecstacy and the fantasticness of the moment then you know you are a passionate being.

“Every night I lie in bed
The brightest colors fill my head
A million dreams are keeping me awake
I think of what the world could be
A vision of the one I see
A million dreams is all it’s gonna take
A million dreams for the world we’re gonna make

I remember imagining myself as an actress and singer on stage and was actually pursuing that for a long while when I was a young girl, untill reality brought me back to life and I realised that life is not always made up of “million dreams” it is made up of black and white and so much grey. When reality hits you like a thunderbolt in that way and your life reveals to you that a million dreams is just that, dreams, then one has a tendency to settle, you settle for that first job you find, you settle for that first guy that offers you a “good” life, you even believe in the “truth” your body tells you about love, then DECADES later you have an awakening.

Sometimes your awakening comes with a tornado, sometimes it is subtle and slow, but you wake up and you’ve Come Alive. You’ve come alive with the knowing that you and only you can determine the color of your life, yes there will be black and yes there will be white, but you dont HAVE to live with grey.

So choose today, choose who the people are you surround yourself with that bring color and joy to your existence. Choose to adore them, choose to place them into the building blocks of your life from today onward and get rid of the grey areas.

Life is too short to pretend, life is too short to be mucking about in a zombie apocolypse that lasts for heaven knows how long.

Come Alive, Rewrite the stars if you have to and tell everyone This is me.

-hierdie een is vir Poplap- nie almal verstaan Right Brain orientated people nie, just remember to understand yourself little girl and may everyday be an awakening.

 

 

 

Advertisements

Staple Sprokies

Standard

‘n Leë notaboek is fantasties, jy begin met ‘n skoon bladsy en die opsies is eindeloos. Jy weet jou gedagtes kan hul gang gaan en die sprokies wat jy neerpen sal hul realiteit tussen die bladsye vind.

Jy begin skryf aan jou sprokie en alles is perfek, maar soos jy omblaai, begin jou eerste letter, woorde en paragrawe aan die ander kant van die bladsy deurslaan en die druk wat jy plaas op die pen wat wegsink in die saamgepakte, klam, pulp vesels wat jou papier uitmaak maak duike in die volgende bladsy.

Mens vergeet daarvan wanneer jy met jou skoon notaboek begin.

Mens vergeet hoeveel druk die hoop van ‘n sprokiesverhaal kan plaas op die skrywer.

Vyftien bladsye in en jy skryf nie meer so mooi nie. In fact, jy krap ‘n bietjie dood en skryf in die kantlyn, maak nommers en vervang woorde, trek pyltjies na waar jy eintlik wil hê sekere gedeeltes moet heen skuif, klein kappetjies tussen woorde waar nog ‘n woord moet inpas, maar die spasie so min is, tog vorseer jy hom daarin amper so teen sy wil.
Dan kom daai oomblik in elke skrywer se sprokie, waar hulle net nie meer krag het vir hierdie karakters nie en weer wil begin of ten minste ‘n hoofstuk wil oorskryf net om sin uit in dit alles te bring. Ons ruk die blaaie uit sonder verseg, frommel dit met ‘n frons en die geskuur van papier een vir een op en gooi dit in die mandjie, gooi nog helfte mis ook.

Jy tel jou nota boek op om te begin skryf, jy gaan weer probeer, oor begin met die hoofstuk en soos jy dit optel val 6 bladsye agter uit, helftes van helftes.

Een helfte opgeskryf en opgefrommel en die ander een doelloos uitgeval met een kant afgeskeer en ongebruik.

Wat doen mens nou met daai bladsye? Scrap papier? Om dit terug te gom op sy oorspronklike plek sal cruel wees, ‘n reminder van ‘n afgeskeerde helfte van ‘n gebruikte, maar weggegooide bladsy.
Nee, jy vat daardie bladsy en jy gee vir hom sy eie storie. Met liefde sit jy een agter die ander, gee hom sy eie sprokie, al is dit ‘n kortverhaal of ‘n gedig.
Sal my leer om my sprokies nie in notaboeke te skryf waar twee staples dit aanmekaar hou nie.

Sal my leer om my sprokies te skryf in hardeband boeke wat fyn en met detail elke bladsy aanmekaar geweef is. Elke bladsy sy eie, in eie reg, gebind deur ‘n Hand groter as wat twee staples ooit kan vermag.

Nou kan elke hoofstuk individueel van mekaar staan, maar tog side by side in die parallel universe van dieselfde sprokie.

‘n Rede om na Vrydag te verlang

Standard

Almal sê altyd bloed is dikker as water en hint dan daarop dat familie bande sterker is as enige ander band, maar dit is nie eintlik waar hierdie gesegde vandaan kom nie. Dit kom eintlik van die bloed verbond wat dikker is as die vrugwater van die baarmoeder en verwys na die bloed wat gegiet is in die strydsvuur en ‘n verbond vorm wat dieper is as die van eenvoudige genetika.

Ek is baie lief vir my familie, maar niemand kan goeie vriende vervang nie. Jy kan die grootste, sterkste en mees ondersteunende familie hê, maar as jy nie ‘n vriend het nie is daar ‘n leemte wat altyd dor lê soos die Sahara en elke lyn van elke duintjie wat jy dink gaan vorm word weggewaai, want daar is niks om dit aanmekaar te hou nie.

Daar is vriende wat spruit uit familie bande, hulle ken die dinamika van jou mal familie en is die mense sonder wie jy GEEN familie byeenkoms kan deurmaak nie, want hulle is jou people. Hulle is die mense vir wie jy een kyk gee en hulle weet presies wat jy dink, dis jou “nie bloed” niggie saam met wie jy stork party en kitchen tea ysbrekers ACE, koffie maak rondtes oor ons KAN en huil op die skouer oor niemand verstaan nie. Niemand behalwe julle, want julle is familie vriende. Aangetroude familie is die beste, want ons verstaan dat ons nie uit hierdie genetika uitkom nie, so I got your back Ouboet en ons staan by ons gades, want ons weet ONS is hulle familie. Dankie dat julle twee ‘n voorbeeld is van ‘n GOEIE span.

Die beste is vriende van vriende, wat hartsvriende word. Dis daai vriende wat jy nooit self sou vind as dit nie was vir ander nie en nie kan glo dat jy ooit sonder hulle klaargekom het nie. Dis die vriende met wie jy spot, want tien teen een gaan my seun jou dogter vry en dan noem jy ons betaal vir die drank by die troue. Dankie vir elke liewe lag, druk, soen al is dit nie waaraan julle gewoond was nie en dat julle ons liefhet soos ons vir julle.

Hartsvriende en aangetroude familie vriende, hulle is my PEOPLE, my people wat die lewe so bietjie meer draaglik maak. My people wat van Captain Underpants ‘n hero maak in die oë van my kinders en idees en drome in realiteite omskep.  ‘N Braai word ‘n sessie waar ek my kan oorgee aan lag en soms huil en die wete dat ek EK kan wees, geen judgement, net onvoorwaardelike liefde.

Ons het ons probleme, ons tiffs, ons disagreements, maar ek sal enige tyd na die spreekwoordelike oorlog toe gaan met julle. Ons 3 manne aan die voortou, Ouboet met sy praktiese uitkyk en sy diep lojaliteit teenoor die mense wat hy liefhet en tot die laaste sal beskerm. Al hou hy van stir. Neef is altyd aan die travel so ons gee hom maar die map en hy kan ons navigate deur die slagvelde al voel hy soms self vertrap. My geliefde sal sorg dat elke toep en tegniese aparaat opgegradeer is en optimaal funktioneer en sy arms sal altyd daar wees om my en sy seuns veilig te hou.

Niggie, sonder wie niemand die battle kan fight nie, want sy sal nie terughou nie, sy sal opstaan vir dit waarin sy glo en sy sal altyd onthou van koffie. Vriendin, sy is die family nurse en een van my kinders se ander ma. Sy is naïef,  maar juis daaroor laat sy my glimlag.

Bloed is sowaar dikker as water en julle is my bloed, my hartsvriende en my rede om na Vrydag te verlang.

Voetbrug oor my memories

Standard

Die gesegde lui, dat daar te veel water onderdeur die brug is.
Ons het almal ‘n voetbrug wat loop oor ons memories. Sommige beter as ander. Sommiges vertrap deur elke etter wat ons gebruik om sy of haar “need” om die anderkant te bereik te bevredig.
Ek sien hom uitruis, die boog uit die teer van die langpad wat my hierheen gelei het.

Dit dra die belofte van vakansie, tyd met familie en die vervulling van ‘n verlange wat strek oor die vlaktes en km’s, wat deur die oggendsonstrale, op die verre horison agter daai brug, verhelder word.

Nie lank nie dan spoed die Toyota se wiele weer in die teenoorgestelde rigting en weereens sien ek die boog gehul in die grys van die donker wolke, wolke wat swaar hang, soos my gemoed, hierdie keer is dit TOTSIENS en my trane laat strome onderdeur my voetbrug.
26 Jaar later en steeds staan my baken. Getooi met hakkies draad, sodat mensDOM nie kan klipgooi of homself afgooi. Selfs die Jesus Kom toring is van kant gemaak. Soms kyk ek my brug heel mis in die gejaag en harwar van my besige lewe en ander kere is die onthou soos gister en jy met die onthou kom die besef, jy weet beter as 26 jaar gelede.
‘n Voetbrug oor my memories, vertrap, verspoel, verlore, maar STERKER as ooit tevore.

Oval Heart

Standard

In recent times I was bestowed a gift, more precious than one of the metals of Antiquity it’s been moulded in. It will carry the faces of the ones I love and is a dream of future promise and a life yet to be begin.

Today, however, it carries within it a heart given with love, a grandmothers love set in silver, to a little girl, from the heavens above.

One future grandmother to a grandmother already been, in the spirit we will collide through the present, the past and everything Unseen. With my oval gift carrying your given heart, know that all of you, every memory will be carried in silver art.

– ♥ –

Today is World Old things day. I don’t really know what that means, am I suppose to get rid of old things, gift them, sell them, take them to a 2nd hand store OR take out that old musty vintage shoes/hat/scarf or brooch your aunt or granny gave you and where it with pride and rememberence.

Or maybe it means that you should take something old and restore it, make it new, put a new spin on it or just plain appreciate the fact that things get old, but can still be worth a thought. (Just like so many old people that has been placed in old age homes and forgotten, but this is not what I wanna talk about, not right now anyway.)

Today, I am so pleased with myself for combining a VERY new LOST, but found, item with a VERY, very old item that was given to me by my grandmother when I was a little girl. A heart pendant with my name engraved on it, the actual French version and I placed it inside my locket that my husband and sons gave to me on my Birthday this year.

If you have something of value, given to you by someone special. Dont hide it away in a jewelry case or in a cupboard where moths and dust enjoy it, YOU ENJOY it, you treasure it and tell of it’s untold stories.

Much love and happy weekend.

Tumbleweed

Standard

TUMBLEWEED
Like a tumbleweed you blow in & out of my life and with it my heart & mind continues its strife.
I hate to love you and love to hate you.
The fact that I let myself believe you are true, that is on me, and as you tumble through my years dropping seeds of hope with every fleeting stop I realize you are nothing more than a branch on a tree.
Like the tumbleweed you remove yourself when you have selfishly sucked the earth around you dry and tumble off to submerge yourself in the vines of pitiful remorse. Yes, I too pity you, Tumbleweed. Your roots have long gone been left behind and grown into their own. A portion of their hearts, also “tumbleweeded”.
Even though there is a tumbleweed seed in me, I will bloom like the flowers of the morning sun and I will rest in the light of the moon, knowing that I am me and you are you.
Till then, Tumbleweed. I shall see you soon.

Garage dans & Sokkie

Standard

Wie van julle onthou garage dans en sokkie? Oh my hat, as jy na ‘n garage dans genooi was was jy die sizzles. My eerste sokkie was by ons Laerskool in 1994, ek was in st4 (een of ander graad vandag, ek dink graad6). Ek was halsoorkop verlief op Gideon, ons het mekaar raakgesien tydens die Revue, hy was ‘n jaar voor my, in St5 en hy was soooo dreamy. Ek kan onthou hy het donker hare en donker oë gehad, hoe de heng onthou jy dit Chantelle?

Annelie van Rooyen, dis hoe, total buzz kill, ek weet, maar in die Revue het ek juis die song “Eerste Liefde” gesing en met elke oefening het ek dit net vir hom gesing…en met elke oefening het hy na my gestaar met daai donker oë dat ek half lam raak. (Nou dat ek ouer en wyser is weet ek hy was 13 en dis net tiener hormone wat hom stadig bekruip het wat hom so na my laat staar het, mind you, my man het daai selfde kyk in sy oë as hy ‘n Texan steak op die vuur braai)

Nie te min, vir my was dit waarlik Eerste liefde. Pouses op die speelgrond by die skei lyn tussen die seuns en meisies gronde vir mekaar kyk, harte wat wat vinnig klop. Sy vriend wat vir jou vriendin ‘n briefie gee om vir jou te gee. Daai tipe, onskuldige eerste liefde. Anyway, eerste sokkie en eerste liefdes gaan mos hand aan hand. Ek onthou Yvonne was ook MAL oor Gideon, lang blonde hare tot op haar boude, blou oë waarin mens kon swem.  Ai Yvonne, kon jy nie maar vir Gideon vir my gelos het nie. Ek onthou hoe ek staan in die deur van skoolsaal en kyk hoe Yvonne met my Gideon dans. Feeks. Ek het ook nie op my laat wag daarna nie, toe ek haar buite trompop loop en vra, “Wat is jou probleem, weet jy nie ek en Gideon is saam nie”. Eerste sokkie in sy kanon, eerste liefde, gaan ‘n talk kry. Al wat ek weet is einde van daai jaar is Gideon Hoërskool toe en net om te noem, ons date actually nogsteeds, want ek kan nie onthou dat ons ooit die case verbreek het nie. Lol

Tweede sokkie, was nou nie in die garage nie, maar wel in my vriendin Chery-Lee se voorhuis. Klomp seuns, ons girls, dimmed lights. ‘n Ou wat super hot was en wat ek al ‘n rukkie dink is die coolste ding op twee bene en die volgende song kom op, A la la long van Bob Marley. (ek kan nie glo ons het sulke goed geluister op 13 nie!!!) Wel daai dans sal ek seker nooit vergeet nie, absoluut niks gebeur nie, maar ‘n warm, stywe dansie met die seun, sonder naam.

Ons het verhuis van Durban na Kaapstad. Wat ‘n keep in my sosiale lewe gevorm met. Dit het my 3 jaar geneem om weer populariteit te herwin en toe date ek my Eerste Ware liefde. Kaptein van die 1ste Rugbyspan, Kaptein van die Krieketspan, uitblinker student, ons was 5 jaar saam en kon daai man dans. Garage sokkie se gat!! Ons het sommer net gesokkie. Hy was die beste ding wat daai jare met my gebeur het en ek kon met hom sokkie tot die son opkom. Share my life van Coleske is een van my mental song van daai jare.

Hoërskool is fantasties en het vir ons bestaan uit dinge soos, Saterdae se skree langs die rugby veld, straatsit kuiers tot die lampale aankom en jou ma jou roep om in te kom, uitbundig lag, al stress wat mens eintlik het is om deur jou volgende toets, taak en eksamen te kom en dan sokkies en garage danse. Warm lywe teen mekaar, arms om jou middellyf, joune om sy nek, kop op sy skouer of staar in sy oë en NATUURLIK, Bryan Adams! Everythign I do, All for love en Please forgive me, jong as daai nommertjies opgekom het. Ek het ‘n PAAR lewenslesse by ‘n Garage dans geleer, ‘n paar dinge gedoen by ‘n Garage dans wat nou nie juis vir openbare besigtiging is nie en soos my boetie altyd vir my male gesê het, gevry dat die ruite se rubbers uitkom. lol

Sokkies en Garage danse kan ook maar terrible wees vir sommige, veral as jy jonk is en verlief, smitten, crush of wat jy dit ook al deesdae noem. Mens onthou tog daai kere wat jy staan en wag teen die muur en oor die dansvloer kyk en sien hoe die ou  met wie jy graag wil dans iemand anders vra. Daai sinkende gevoel, gaan niemand my dan vra nie?

Nou is ons grootmense en gaan na visvang danse, troues, spesiale verjaarsdae partytjies en dies meer. My man kan miskien nie dans nie, maar ek en my vriendinne kap dit uit op die dansvloer.

Ek kyk na my seun, hy is nou 8 en ek dink. Gaan julle ook garage danse hou? en sokkie? Ek hoop hy dans ook met die meisies wat niemand het om mee te dans nie, ek hoop meisies raak verlief op hom en wil met hom dans. Daar is niks lekkerder as daai gevoel nie en elke kind moet dit beleef.

Vader behoed my!

ek sal hom seker moet leer dans …